Monday, December 25, 2006

Geseënde Kersfees uit 'n sonnige Canberra

Kersboom in Civic Square, Canberra.

1 Comments:

Anonymous Anonymous said...

Hi Hannes en Hannelie,
Ons het julle kaartjie-boekie gekry, thanks.
Dis 21:00 op die eerste daag van die nuwe jaar. Julle vier al seker weer die tweede dag, natuurlik net nog 17 dae oor!!
Ek het jou vissie gesien op die engelse blad. Daai braaier lyk groot genoeg vir 'n tjoppie man.
Laas nag het behoorlik soos Bagdad geklink. Het gaan townhouse size fireworks by die Krugers gaan kyk - hondvriendelik, heuphoogte vuurwerke hoofsaaklik om die kinders te plesier. Dit was 'n groot hit en Jana het dit behoolik geniet. Paul het oorgeslaap. Vandag was 'n lui-lekker koel dag, 'n heerlik windjie wat gewaai het en oorskietkos vir middag ete. Vannaand was natuurlik oorskiet broodpoeding wat my ma gemaak het, waartlemoen en vars perskes. Ek en Jansie gaan die aand afsluit met 'n lekker ou koffietjie en more begin die dag weer om 05:00. Danie en sy nuwe vroutjie was die naweek in Mabilingwe - die "Gucci-bos" ervaring soos sy self daarna verwys.
Hannes, Hannelie, mooi loop in die nuwe jaar, lekker eerste dag by die werk, voorspoed. Ons hoop 'n wonderwerk gebeur en jul meubels daag betyds op. En meeste van als, baie voorspoed met die die outjie oppad. Hannelie, pas jou mooi op, vat dit kalmer. Hannes, als van die beste vir jou, dit gaan nooit weer dieselfde wees nie. Ons gesels weer, tjeers, Jan

6:03 am  

Post a Comment

<< Home