Kultuurskok
Wanneer mens een land vir 'an ander verruil, dan dink jou vriende, half-jaloers dalk, dat dit vir jou soos 'n vakansie gaan wees. En dit is miskien so, vir die eerste paar weke. Die wiitebroods-tydperk, noem hulle dit, voordat die werklikheid inskop. Na 'n paar weke, wanneer jy skielik nuwe deoderant nodig het, of 'n nuwe battery vir jou kamera, dan is die wittebrood vir goed verby. Dan moet jy die aaklige werklikheid van die Supermark in 'n Ander Land invaar. En, glo my, dis nie speletjies nie. Al jou inkopie-kennis en vaardighede wat jy oor baie moeisame jare in jou ou land opgebou het, is skielik niks meer werd nie. Jy is nou weer 'n beginner, 'n baba in die nuwe land. Jy ontdek, tot jou skok, dat (a) die miniatuur supermarkte hier in Australiƫ nie regtig 'n groot verskeidenheid deoderante op hul rakke het nie, (b) daar hoofsaaklik aanspuit en aanrol (so outyds!) deoderante te kry is, en (c) die pryse daarvan jou begroting gaan laat steier. Dis eers dan, wanneer jy begin besef dat jy nou waarlik in 'n nuwe land, met 'n nuwe kultuur is. Maar jy bly optimisties. Gee my net nog so 'n paar jaar, dink jy, dan sal alles ok wees, dan sal ek ook weer weet waar die jellie op die rakke gehou word, of waarom linne hier as 'manchester' bekend staan in die winkels...Nog net 'n paar jaar, dan voel ek weer tuis.
1 Comments:
Goed om jou in Afrikaans te hoor. die engelse outjie het nogals 'n moedswillige streep. Ek verwag om hom en sy swanger vroutjie enige dag op TV te sien, bul-betogers by een of ander G7 beraad of vasgeketting aan 'n paal by WTO onderhandelingsessie.
Nie te min, vrou en kinners is af see toe tot 2 Des. So, huis vir myself. Wat beteken dat die plaffone geverf word en allerhande ander los werkies aandag kan kry.
Spandeer Maandag tot Woensdag in Knysna in vergaderings met SANParke - help met die finale demarkering van die Gardenroute National Park.
Tans drip dit buite en is heerlik koel - was so al sedert Vrydag.
Hanli se ma het nou die dag Jansie uit die bloute gebel en lank gesels. Dink die afstand spanning oor swangerskap vang haar en het 'n stem gesoek oor die onderwerp. OUMA!!! Hie hie.
Hoop dit gaan verder goed met die Botha in wording en sy ma.
Tjeers (delete maar die boodskap, dit vat dalk net onnodig plek op.)
Post a Comment
<< Home