Monday, December 25, 2006
Saturday, December 23, 2006
Sneeu vir Kersfees
Tussendeur die treurige berigte oor reuse bosbrande en hittegolwe (die helfte van die staat Victoria is besig om af te brand, 500,000+ hektaar tot dusver), vang my ore die volgende brokkie nuus oor die radio - Hulle voorspel sneeu vir Kersfees op die Alpynse berge in Victoria...
Monday, December 18, 2006
Die illusie van veiligheid
Meeste Suid-Afrikaners wat in Australië kom woon, vertel graag hoe veilig dit hier is. En dit is sekerlik heelwat veiliger hier as in die Suid-Afrika van vandag, waar geweld en misdaad hoogty vier. Ek sou ook miskien dieselfde euforie oor Australië kon ervaar het, as ek nie intussen vir ‘n paar jaar in ‘n land soos Kanada gewoon het nie. Elkeen se ervaringe is mos maar relatief. Dis nie dat ek sê Australië moet met SA vergelyk word wat misdaad aanbetref nie, inteendeel, misdaad hier is sekerlik heelwat laer is in die meeste ander wêrelddele. Maar, die vraag is of dit veilig is om hier in die aand alleen buite rond te loop? Noem dit maar die maatstaf. Menige (hoofsaaklik wit) Suid-Afrikaners het mos nostalgiese herinneringe oor die “goeie ou dae”, toe (wit) mense nog hul kinders in die aande buite kon laat speel het, in plekke soos Pretoria en Pietersburg en Naboomspruit. Waar dit definitief nie meer vandag gedoen word nie, behalwe agter die goed-bewaakde mure van die vele sekuriteitsoorde. Dit is ook mos maar een van die hoofredes hoekom mense SA verlaat: sodat hul kinders ‘n beter en veiliger toekoms kan hê.
Gegrond op daardie maatstaf, vermoed meeste Suid-Afrikaners dus dat dit definitief veilig hier in Australië moet wees. My ervaring hier in Australië is egter ietwat anders: Canberra is die stad met die hoogste opvoeding syfer en hoogste per capita inkomste in Australië, en word allerweë as ‘n toonbeeld vir Australië beskou. As 'n streng beplande en burokraties beheerde hoofstad verwag ‘n mens dus dat die plek lae misdaadsyfers sou hê. Daar word byvoorbeeld nie hoë heinings om huise gebou nie (hoofsaaklik omdat dit onwettig is hier, maar dis ‘n ander storie), en van diefwering het meeste Canberrans nog nooit gehoor nie. Tog is daar gereeld huisbrake, aanrandings en selfs motorkapings hier. Graffiti en vandalisme ontsier meeste openbare geboue, parke en skole, en dwelm misbruik en alkoholisme vier hoogty. In Canberra word daar ook elke week ses verkragtings aangemeld. Daar is dus slegs 'n illusie van veilgheid. Dit mag wees dat ander dele van Australië moontlik baie veiliger is, veral die klein plattelandse dorpies, maar hoeveel immigrante gaan werklik in die platteland opeindig?

Thursday, December 07, 2006
Dankie vir die welkom
Die omstrede Australiese politikus Pauline Hanson is weer in die nuus hier onder. Me. Hanson, wat 'n tyd in die tronk deurgebring het weens beweerde verkiesings bedrog, het die One Nation Party in die laat 90's gelei, en was bekend vir haar vele xenofobiese en rassistiese uitsprake. Hierdie keer is haar haatspraak gemik op...Suid-Afrikaners, nogal:
"We're bringing in people from South Africa at the moment. There's a huge amount coming into Australia, who have diseases; they've got AIDS,"is een van die briljante insae waarmee sy gister tydens 'n onderhoud vorendag gekom het. Sy het ook die regering onder andere daarvan beskuldig dat hulle sommer enige hierjy in die land toelaat, en dat dit heeltemal te maklik is om Australiese burgerskap te verkry (dit nadat hulle sopas die wagtydperk van twee na vier jaar opgeskuif het). Sy laat my sommer baie welkom voel hierso.